Blank space filler Home button Blank space filler Algemeen button Doel button reglement button Lidmaatskap button Blank space filler Dienste button Kerkkalender button Kerkvoogde button Bybelstudie button Blank space filler Kontak button Blank space filler Downloads button Foto Album button Blank space filler Privacy button About button Blank space filler

Reglement


Download Word dokument (37 Kb)

Reglement vir die funksionering vir die Ned Geref Kerk Brakpan-Suid Wyk Nederland

1. Naam

Die wyk sal bekend staan as die Ned Geref Kerk Brakpan-Suid - Wyk Nederland. Die naam wat algemeen gebruik word in bekendstelling is: 'Die Afrikaanse kerk Nederland'.


2. Grondslag

Die Ned Geref Kerk Brakpan-Suid - Wyk Nederland is gegrond op die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God. Die leer wat die kerk in ooreenstemming met die Woord van God bely, staan uitgedruk in die Drie Formuliere van Eenheid soos vasgestel op die Sinode van Dordrecht in 1618 - 1619, naamlik die 37 Artikels van die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die vyf Dordtse Leerreëls.


3. Verhouding met die Ned Geref Kerk Brakpan-Suid

Wyk Nederland vorm amptelik deel van die Ned Geref Kerk Brakpan-Suid. As gevolg van die buitengewone omstandighede funksioneer die wyk grotendeels selfstandig binne die raamwerk van die Skrif, die Belydenis en hierdie reglement.


4. Wykskerkraad

4.1 'n Wykskerkraad streef om uit ten minste vyf ouderlinge te bestaan en is verantwoordelik vir die ordelike funksionering van en toesig oor die wyk. Indien die funksionering dit vereis kan daar ook diakens verkies word. Daar mag nooit meer diakens as ouderlinge op die wykskerkraad dien nie.
4.2 Ouderlinge en diakens word verkies met inagneming van die vereistes wat die Skrif en Belydenis vir die besondere ampte stel.
4.3 By konstituering van die wyk word die eerste kerkraad deur die lidmate van die wyk gekies. Daarna word kerkraadslede deur die kerkraad gekies. (Die stuurgroep stel die groslys op en die wyk kies)


5. Lidmaatskap

5.1 Lidmaatskap van Wyk Nederland kan verkry word deur :-

       > Die oordrag van 'n bewys van lidmaatskap vanaf 'n ander gemeente binne die Ned Geref Kerkverband of 'n ander kerkverband wat die Drie Formuliere van Eenheid onderskryf.

       > Belydenis van Geloof af te lê.

5.2 Gaslidmaatskap kan toegestaan word aan gelowiges wat nie noodwendig alle Artikels van die Gereformeerde Belydenisskrifte onderskryf nie met dien verstande dat :-

       > Hulle nie standpunte wat in stryd is met die Formuliere van Eenheid in die gemeente probeer bevorder nie.

       > Hulle nie op die wykskerkraad mag dien nie.

       > Gaslidmate wat nie die drie formuliere van eenheid onderskrijf nie, mag nie leiding in die wyk neem nie.

5.3 Lidmaatskap word deur die kerkraad van die Ned Geref Kerk Brakpan-Suid toegestaan op grond van die aanbeveling van die wykskerkraad.


6. Samekomste en aktiwiteite

Die wykskerkraad hou toesig oor :-

6.1 Alle samekomste en aktiwiteite wat in Wyk Nederland georginiseer word. Dit sluit in die eredienste, die bediening van die sakramente, kategetiese onderrig, Bybelstudiegroepe en alle amptelike byeenkomste.

6.2 Die kerkraad van Ned Geref Kerk Brakpan-Suid gee goedkeuring vir :-

       > Die bediening van die doop;
       > Toelating tot Geloofsbelydenis;
       > Bevestiging van kerkraadslede;

op aanbeveling van die wykskerkraad.

6.3 Alle ander reëlings vir die praktiese funksionering van die die wyk, is die verantwoordelikheid van die wykskerkraad of lidmate wat deur die wykskerkraad daarvoor aangewys word.