Blank space filler Home button Blank space filler Algemeen button Doel button reglement button Lidmaatskap button Blank space filler Dienste button Kerkkalender button Kerkvoogde button Bybelstudie button Blank space filler Kontak button Blank space filler Downloads button Foto Album button Blank space filler Privacy button About button Blank space filler
Geen meer dienste.

Lidmaatskap


U kan op drie manier betrokke wees in die Afrikaanse Kerk:

1. LIDMATE

Belydende lidmate is gelowiges wat die drie formuliere van eenheid onderskryf en die onderneming vir lidmate onderteken het. (Dit is lidmate wat uit bv. Die volgende kerke kom - Nederduits Gereformeerde, Gereformeerde, Hervormde, Afrikaanse Protestantse kerk, Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) ens.) en wie se attestate oorgedra is na die NG gemeente Brakpan-Suid.

Lidmate van die kerk het die volgende voorregte en verantwoordlikhede:

  • Het die voorreg en verantwoordelikheid om kerkdienste by te woon.
  • Kan ampsdraers van die kerk word indien hulle daartoe gekies word
  • Het die voorreg en verantwoordelikheid om sakramente van die doop en nagmaal te gebruik.
  • Kan reken op huis- en siekte besoek deur ‘n ouderling of ds Storm indien moontlik.
  • Kinders het die voorreg en verantwoordlikheid om deur hulle ouers en ander ouers van huisgroepe Bybelse onderrig te ontvang deur deel te neem aan ons kategese plan.
  • Het die voorreg en verantwoordlikheid om die normale pligte van 'n NG lidmaat na te kom soos uiteengesit in die onderneming wat hulle gemaak het toe hulle lidmate geword het.
  • Hulle het ’n verantwoordelikheid om finansieel by te dra om die dienste moontlik te maak.
  • Moet bereid wees om die skriftelike onderneming te onderteken voor hulle lidmate word.
  • Het die voorreg en verantwoordelikheid om by gemeente vergaderings te stem.
  • 2. GASLIDMATE

    Gaslidmate is mense wat amptelik lidmate is by 'n ander kerk (bv. in Nederland of Suid Afrika), maar wat steeds graag meelewende lidmate wil wees van die Afrikaanse kerk in Nederland. Gaslidmate moet belydende lidmate wees van 'n kerk wat erken word deur die Afrikaanse kerk in Nederland.

    Gaslidmate het die volgende voorregte en verantwoordlikhede:

  • Het die voorreg en verantwoordelikheid om kerkdienste by te woon.
  • Het die voorreg en verantwoordelikheid om sakramente van die doop en nagmaal (met toestemming van hulle eie kerkraad) te gebruik
  • Kan reken op huis- en siekte besoek in krisis omstandighede indien moontlik.
  • Kinders het die voorreg (en verantwoordelikheid) om deur hulle ouers en ander ouers van huisgroepe Bybelse onderrig te ontvang deur deel te neem aan ons kategese plan.
  • Het die voorreg en verantwoordelikheid om die normale pligte van ’n lidmaat na te kom, en word versoek om by te dra aan die finansiële verpligtings van die gemeente.
  • Moet in beginsel saam stem met die skriftelike onderneming wat volle lidmate moet onderteken.
  • Kan leidinggewende rol speel soos byvoorbeeld deel te wees van die stuurgroep ens, maar bly onder toesig van die kerkraad.
  • 3. BESOEKERS

    Besoekers is enige iemand wat nie in die eerste 2 kategorieë val nie en wat volledig by ’n Nederlandse kerk inskakel en ter wille van die kontak en gemeenskap ons dienste bywoon. Hulle is welkom om by alle aktiwiteite in te skakel, maar kan slegs na toestemming van die kerkraad van die sakramente gebruik maak.

    ----o00o----

    Klik hier om aan te meld:

    Aanmelding