Blank space filler Home button Blank space filler Algemeen button Doel button reglement button Lidmaatskap button Blank space filler Dienste button Kategese button Sondagskool button Kinderkerk button Baba oppas button Blank space filler Kerkkalender button Kerkvoogde button Bybelstudie button Blank space filler Kontak button Blank space filler Downloads button Foto Album button Blank space filler Privacy button About button Blank space filler
Geen meer dienste.

Kinderkerk


Algemeen

Kinderkerk is gedurende die hoofdiens in Utrecht beskikbaar vir kinders van 3 tot 6 jaar oud, mits daar vrywilligers beskikbaar is om die kinderkerk te lei.

As u gebruikmaak van die die kinderkerk, wil ons u graag versoek om vir ten minste een van die dienste tydens die jaar te kom uithelp met die kinderkerk. U kan u aanmeld by die kerk administrateur.

Die kleuters verlaat die diens tydens die sing van die gesang wat na die voorlesing van die Wet gesing word.

----o00o----

Inhoud van die kinderkerk

Die teologiese inhoud van die lesse by die kinderkerk is heel eenvoudig. Omdat ons met kleuters werk van 3 tot 6 jaar oud, word die feitlike verhale in die lesse vervat en 'n aktiwiteit word rondom die tema gebou. Hieronder is 'n oorsig van die soort tema's wat die afgelope jaar of wat aangebied is.

Hoekom kom ons kerk toe; Herderskap; Kersverhaal; Daniël in die leeukuil; Nagmaal; Paasverhaal; Vermeerdering van die brode; Pinkster; Moses as baba; Ek is spesiaal; Die wonderwerke van Jesus; Jy kan met Jesus praat; Die Barmhartige Samaritaan; Visverhale : (1)Skepping dag 5 (2) Jona (3) Kos vir duisende - 5 brode 2 visse (4) Ontbyt by die see - visvangs na Jesus se opstanding

Ons maak gebruik van alle bereidwillige mamma's en hulle kerklike agtergrond en geloofsoortuigings word nooit bevraagteken of 'gekontroleer' nie. Daar word van die uitgangspunt uitgegaan dat iemand wat die Afrikaanse kerk besoek grotendeels die grondslag van die Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en Dordtse Leerreëls onderskryf.