Blank space filler Home button Blank space filler Algemeen button Doel button reglement button Lidmaatskap button Blank space filler Dienste button Kategese button Sondagskool button Kinderkerk button Baba oppas button Blank space filler Kerkkalender button Kerkvoogde button Bybelstudie button Blank space filler Kontak button Blank space filler Downloads button Foto Album button Blank space filler Privacy button About button Blank space filler
Geen meer dienste.

Kategese


Senior Kategese (13- belydenisklas) - Algemeen

" Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy
van kleins af die heilige skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Jesus Christus. Die hele
skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid."

II Timotheus 3:14-16

Wydverspreid, maar tog lede van die Kerk van Jesus Christus in Nederland. Dit kenmerk ons hier in Nederland.
As Kerk het ons die opdrag, soos hierbo weergegee, om die Woord van God ook aan die kinders en jongmense te leer.
Met hierdie opdrag het ook die katkisasiegroep in Eindhoven ontstaan. Aan die een kant was daar 'n behoefte aan
die kant van die ouers om hulle kinders by te staan in die Bybelse onderrig en aan die ander kant ons opgelegde
taak as Kerk om dit wel te doen.

"Ek roep alle ouers en belanstellendes om hulle self betrokke te maak by die katkisasie van ons verbondsjeug en hierdie aktiwiteite
aan almal en oor die hele Nederland beskikbaar te stel. 'n Persoonlike iets van myself - ek leer altyd die meeste in die klas. Ons kan
geweldig veel leer van die onbevange en spontane manier waarop jongmense oor die Woord van God dink en praat en daarmee omgaan."
- Henk Boverhoff


Bostaande is 'n uittreksel uit "Verslag van Katkisasie van jongmense in die Eindhoven-streek van die Afrikaanse Kerk in Nederland."
Die huisgroep in Eindhoven is aktief besig met katkisasie onder die leiding van Henk Boverhof.

As gevolg van ons situasie is ons genoodsaak om die kategetiese onderrig vernamelik deur die ouers te laat doen
Eintlik is dit ’n baie goeie ding en baie meer Bybels. Ons hoop dat u baie gou by ’n huisgroep sal in skakel en saamwerk om hierdie verantwoordlikheid te deel.
Belangstellendes word gevra om Ds. Storm te kontak. (Sien "Kontak ons" rubriek)

Lesmateriaal

Ons volg die lesmateriaal wat opgestel is deur Ds. Hendrik Hefer, NGK Brakpan-Suid. Hierdie boekie is tematies saamgestel en bestryk die volgende punte:

    > Die openbaring van God
    > Die Woord van God
    > Ek glo in God
    > Die Skepping
    > Die sondeval
    > Ek glo in Jesus Christus
    > Die verbond en verlossing
    > Die Christelike lewe Die Kerk
    > Ek glo in die Helige Gees
    > Die Wederkoms

In al hierdie onderwerpe word heel sterk geleun op Skrifverwysings en ons belydenisskrifte, asmede dogmatiese lesmateriaal wat verskillende aspekte vanuit
die skrif belig, soos bv. Leer en Lewe van ds. Veenstra.

Die twee Bybelstudieboekie kan by Ds. Storm bestel word. Dit kos euro 1,20 elk.
Die belydenisskrifte kan bestel word teen euro 5,00 of u kan dit gratis aflaai. (Sien "Downloads" rubriek)

Metodiek

Die tyd wat ons bymekaar is word gebruik om deur middel van vraag-, en antwoordgesprekke die lesmateriaal te begryp. Veronderstel word dat die jongmense vrae wat voorheen uitgedeel is, tuis te beantwoord. Die gesprekke wat volg is baie interessant en daar kan duidelik bemerk word dat die skool-, en maatskaplike lewe ander invloede op die kinders probeer afdruk. Daarom is die katkisasieklas ook so noodsaaklik. Die vrae word vanuit die skrif uitgepluis. Dit leer die jongmense om nie alleen die Skrif te kan gebruik nie, maar ook dat die Skrif die antwoorde het wat ons soek. Daar word baie klem gelê op die verband van die hele skrif, en nie alleen enkele tekste nie. Ons gaan daarvan uit dat by belydenisaflegging hierdie aspekte ook grondig getoets sat word. Die plan is om die lesmateriaal in een jaar deur te werk en daarna vir nog 'n jaar te herhaal, waarby die tweede keer meer insigtelike voorstudie van die jongmense verwag word.
Op die oomblik word geen Sondagskool klasse aangebied nie omdat ons gemeente te klein is en net een keer per maand bymekaar kom.
Sondagskool word deur die ouers in die verskillende huisgroepe gehou en lesse en materiaal van Stg IKEG word gegee.
In 5 jaar word die belangrikste verhale in die Bybel deurgewerk. Dominee Storm ontmoet een maal per kwartaal die katkisante na die diens om vrae te beantwoord en die kinders verder te help.