Blank space filler Home button Blank space filler Algemeen button Doel button reglement button Lidmaatskap button Blank space filler Dienste button Kerkkalender button Kerkvoogde button Bybelstudie button Blank space filler Kontak button Blank space filler Downloads button Foto Album button Blank space filler Privacy button About button Blank space filler
Geen meer dienste.

Doel en Strewe


Download Word dokument (9 Kb)

Die doel en strewe van die Afrikaanse kerk in Nederland

1. Naam

Die wyk sal bekend staan as die Ned Geref Kerk Brakpan-Suid - Wyk Nederland. Die naam wat algemeen gebruik word in bekendstelling is: 'Die Afrikaanse kerk Nederland'.


       > Die oordrag van 'n bewys van lidmaatskap vanaf 'n ander gemeente binne die Ned Geref Kerkverband of 'n ander kerkverband wat die Drie Formuliere van Eenheid onderskryf.

--------- Die doel en strewe van die Afrikaanse kerk in Nederland Ons doel en strewe is:-

a) Om God te verheerlik in ons nuwe land en omstandighede waarin ons onsself bevind

Ons wil hierdie doel D.V. bereik:

Deurdat die gemeente begelei word tot:

       > geloofsekerheid.
       > geloofsgehoorsaamheid
       > getrouheid in hulle Bybelstudie en gebedslewe (stiltetyd)
       > standvastigheid in die waarhede van die geloof sodat hulle nie deur elke wind en golf van leer of belewenis          in twyfel gebring word nie
       > eenheid - hierdie eenheid kom tot uitdrukking deur:
             i ons onderlinge liefde vir mekaar as Christene
             ii die waarheid van Gods Woord as grond vir hierdie eenheid te bely en daaraan vas te hou              i deur sover moontlik in vrede te leef as die kerk van Christus sonder kompromie te smee in leer en lewe in die nie-christelike samelewing waarin ons onsself bevind
             iii die gemeenskap van de gelowiges te beoefen binne en buite die eredienste om - ook met gelowiges van ander kulture en tale mits hulle by die waarheid van Gods Woord staan.
             iv 'n getroue getuie in woord en daad te wees in hulle woon en werk omgewing.
             v diensbare, bekwame werkers wat hulle gawes gebruik tot opbou van die gemeente en uitbou van die koninkryk van God.
             vi 'n verantwoordelikheidsbesef dat dit geen vereniging is, maar 'n geloofsgemeenskap waar ons vir mekaar sorg, help en indien nodig vermaan tot volkome oorgawe aan die Koning van die kerk en Sy heerskappy in ons lewens.
             vii getrouheid in de onderlinge byeenkomste en aktiwiteite, gee van tyd en bydraes om daardeur te erken dat Christus juis in hierdie sake ook de koning van ons lewe moet wees.

b) hulp aan mede Suid-Afrikaners te verleen wat in Nederland of omliggende lande woon deur:

       > Geestelik vir hierdie mense te sorg
       > hierdie mense te verwys waar nodig na 'n Bybelgetroue kerk in hulle omgewing
       > praktiese hulp te verleen waar van toepassing om hier aan te pas
       > hulle in kontak te bring met ander Suid-Afrikaanse gesinne wat help met die aanpassing hier in Nederland
       > hulle in te skakel in 'n omgee- of Bybelstudiegroep waar hulle geborgenheid kan ervaar

In die lig van die doel en strewe van die gemeente om in alles tot eer van God te lewe, verwag die kerkraad van alle voornemende belydende lidmate die volgende onderneming :

(Hierdie onderneming is niks anders as die belofte wat ons afgelê het toe ons belydenis van geloof afgelê het nie en omdat ons uit soveel verskillende gemeentes en selfs kerke kom is dit goed om dit weer te bevestig)

Omdat ek die Here liefhet en dankbaar is vir Sy genade, bevestig ek die belydenis en gelofte wat ek afgelê het toe ek 'n belydende lidmaat van die Kerk geword het.

Ek glo dat die Bybel God se geopenbaarde en geïnspireerde Woord is en aanvaar dit as die finale maatstaf vir die leer en lewe van die Kerk.

Ek glo dat die Drie Formuliere van Eenheid, die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls in ooreenstemming met die Woord van God is en bely dat dit my persoonlike geloofsoortuiging is.

Omdat Jesus Christus my Here en Verlosser is en ek Hom liefhet, sal ek deur Sy genade en die krag van Sy Gees :

       > tot die einde van my lewe in die ware leer volhard;
       > teen die sonde stry en strewe om in gehoorsaamheid aan Hom te lewe;
       > my roeping in die gemeente vervul;
       > deur woord en daad van Hom getuig.
Ek onderwerp my aan die kerklike opsig en tug en sal ook my roeping nakom om my medegelowiges te bemoedig, aan te spoor en te vermaan.

In die lig van my belydenis en my belofte om my roeping in die gemeente te vervul onderneem ek om :

1.1. Getrou te wees in die aanbidding in die gemeente oa deur getrou te wees in die bywoning van die eredienste en waar prakties moontlik in te skakel by 'n huisgroep. [Hebr 10:24 en 25]
2.2. Die gemeenskap van die gelowiges te beoefen deur :
       > vir my medegelowiges voorbidding te doen; [Efes 6:18; 1 Tim 2:1
       > my medegelowiges te bemoedig en aan te spoor; [1 Tess 5:11 en 14;Hebr 3:13 en 10:24]
       > my medegelowiges waar nodig tereg te wys; [Gal 6:1; 1 Tess 5:14; 2 Tess 3:15; 1 Tim 5:1 en 2]
       > my medegelowiges in hulle materiële nood by te staan. [Rom 12:13; Hebr 13:16; 1 Joh 3:17 en 18]

3.3. Die gawes en talente wat die Here aan my geskenk het tot Sy beskikking te stel sodat Hy my kan gebruik in die opbou van Sy gemeente. [Efes 4:15 en 16; 1 Pet 4:10 en 11; Rom 12:1 - 8]

4.4. My verantwoordelikheid na te kom om my kinders deur voorbeeld, opvoeding en onderrig volgens die wil van die Here groot te maak. Verder belowe ek om alles in my vermoë te doen om die kinders wat die Here aan my toevertrou het, te laat inskakel by die gemeentelike aktiwiteite, in besonder die bywoning van die eredienste, die kategese en ander jeugaktiwiteite. [Deut 6:4 - 9; Efes 6:4]

5.5. Die sendingaksies van die gemeente met alle moontlike middele te ondersteun. [Matt 28:18 _ 20; Luk 24:45 _ 49]

6.6. Maandeliks, na my vermoë, finansieël by te dra. [2 Kor 8 en 9; Mal 3:6 - 12]