Blank space filler Home button Blank space filler Algemeen button Doel button reglement button Lidmaatskap button Blank space filler Dienste button Kerkkalender button Kerkvoogde button Bybelstudie button Blank space filler Kontak button Blank space filler Downloads button Foto Album button Blank space filler Privacy button About button Blank space filler

Algemene inligting


Algemeen

Welkom op die webwerf van die Afrikaanse kerk in Nederland!

Lees die 'Wegwyser' deel van hierdie bladsy om u weg deur die webwerf te vind.

Gaan na die 'Laaste Nuus' rubriek (links bo) vir die nuutste nuus en afkondigings.

Lees die 'Liedboek' deel van hierdie bladsy om meer oor die Liedboek wat vir die sang tydens die dienste gebruik word te leer.

Lees die 'Bank Besonderhede' deel van hierdie bladsy om meer te leer oor hoe u die gemeente finansieël kan ondersteun.

Lees die 'Advertensiebeleid' deel van hierdie bladsy om meer te leer oor ons advertensiebeleid.

----o00o----

Wegwyser

Spring na die begin van die bladsy

Die Afrikaanse kerk in Nederland is ’n Bybelgetroue gemeente vir Suid-Afrikaners en ander belangstellendes in Nederland.

Sien rubrieke 'Doel en Strewe' en 'Reglement' om te sien wie en wat ons is.

Die dienste en ander aktiwiteite word in die Afrikaanse taal en kultuur gehou. Almal is natuurlik hartlik welkom.

Die gemeente word gelei deur ds. Marius Storm, bygestaan deur die kerkraad en die stuurgroep. Sien die rubriek 'Kerkvoogde'.

As u wil inskakel by die gemeente, kan u meer daaroor lees onder die rubriek 'Lidmaatskap'.

Die hoofdiens word een keer per maand gehou en wel op die vierde Sondag van die maand. Die streeksdienste word op die ander Sondae gehou. Sien die rubriek 'Eredienste' vir meer besonderhede oor die hoofdiens en ook oor die streeksdienste.

Die datums van aktiwiteite en dienste is beskikbaar onder die rubriek 'Kerkkalender'.

Inligting oor kategese, sondagskool, en baba-oppas is saam gegroepeer onder die rubriek 'Eredienste'. Daar is hulpbronne beskikbaar vir die gee van kategese en sondagskool.

By die hoofdiens in Utrecht, word daar tydens die preek, kinderkerk vir die kinders tussen 3 en 6 aangebied. Daar is ook baba-oppas, maar dit is afhanklik van vrywilligers war daarmee uithelp. Die kerk is altyd op soek na helpers by die kinderkerk en baba-oppas, so meld u gerus aan.

In die gemeente is daar huisgroepe waar mense mekaar geestelik bystaan en saam Bybelstudie doen. Sien die rubriek 'Bybelstudie' vir meer inligting.

Die gemeente reël aktiwiteite en woon ander aktiwiteite by. U kan onder die rubriek 'Foto Album' meer daaroor lees en ook na foto's kyk.

Die meeste dokumente is as 'downloads' beskikbaar. U vind dit onder die rubriek 'Downloads'.

Hoe maak u kontak met bv. die dominee? Kyk onder die rubriek 'Kontak ons'.

Ons doel is om betrokkenes te lei tot geloofsekerheid, tot geestelike groei en geestelike volwassenheid deur hulle toe te rus vir hulle getuienistaak en dienswerk in en buite die kerk. Ook wil ons betrokkenes bystaan in hulle aanpassing in die nuwe land en kultuur.

Uiteindelik glo ons dat ons kan help dat die lidmate as Christene, kerklik en kultureel goed sal aanpas en integreer in Nederland.

----o00o----

Liedboek

Spring na die begin van die bladsy

Tydens die erediens maak die gemeente gebruik van die 'Liedboek van die kerk', die sangbundel wat die ou 'Psalms en Gesange' vervang.

Bestellings vir die liedboek kan aan Chris Watkins gegee word.
Telefoon: 040 2621033
e-mail

Indien u verdere inligting nodig het en eerder direk self 'n liedboek wil bestel, kan u na www.liedboek.co.za gaan.

----o00o----

Bank besonderhede

Spring na die begin van die bladsy

Die gemeente is nog klein en daarom nie in staat om ons leraar 'n salaris te betaal nie. Ds. Storm is direkteur van die IKEG Stigting Kinderevangelisasie en is deur Afrikaanssprekende gelowiges hier in Nederland gevra om vir ons dienste te hou. Hy is 'n geloofsendeling wat uitsluitlik staat maak op bydraes van gelowiges in Suid-Afrika en Europa.

Die gemeente ondersteun ook sending- en barmhartigheidsprojekte, wat ook uit die bydraes van gelowiges gefinansier word.

Skenkings is aftrekbaar vir belasting in Nederland.

In die toekoms is ons nuwe bank gegewens as julle dit belasting aftrekbaar wil hê die volgende.
Julle moet dit duidelik aanwys – Afrikaanse kerk
Stuur ook ’n e-pos as julle bydraes oorskryf (die eerste keer as dit maandeliks is) en elke keer as julle sporadies gee na Petra (IKEG) of admin (Akerk)
Ons hoop dit is die laaste keer dat ons gaan verander.

Die Kerkraad

Naam van rekening: Stichting Pro Mission
Postbus 18
7350 AA Hoenderloo.

ABN Amrobank nummer: 42.33.08.653
Mens moet altijd de bestemming vermeld: Afrikaanse kerk of dan Marius en Amanda Storm as julle nie via IKEG ’n bydrae vir ds Storm hulle en hulle bediening wil gee. (Info oor hulle bediening kan julle lees op www.stormpies.co.za of www.ikeg.nl)

----o00o----

Advertensiebeleid

Spring na die begin van die bladsy

Die kerkraad kry dikwels versoeke dat daar bepaalde produkte of gebeurtenisse via die kerk bemark moet word.

Die privacy-wetgewing in Nederland laat ons nie toe om ons databasis aan derde partye beskikbaar te stel nie. Dit is ook ons beleid om die kerk se databasis slegs vir sake rond die kerk te gebruik.

Na lang kerkraadsvergaderings en gesprekke met ander gemeentes (bv. Londen Gemeente) het ons besluit om
1) Geen kommersiële advertensies (bv. Koop Mrs. Ball's Chutney!) via die kerk te doen nie, en
2) geen advertensies te doen vir kulturele aktiwiteite (bv. Potjiekosdag) waarin die kerk nie 'n direkte belang het nie.

Waarom? Die kerk beperk haarself tot geestelike welsyn. Daar is heelwat organisasies en klubs en webwerwe wat mense op hoogte van kulturele dinge kan hou. Die gevaar bestaan dat ons 'n aktiwiteit bemark, waarvan ons verder niks weet nie, en dat dinge dan uit die hand loop. (Bv. daar word 'n bepaalde politieke agenda by so 'n aktiwiteit uitgedra) Die kerk word dan afgereken op iets waarin ons eintlik geen seggenskap in gehad het nie.

Waarvoor doen die kerk dan wel bemarking? Geestelike of kulturele aktiwiteite waarby die kerk direk betrokke is.

----o00o----