Blank space filler Home button Blank space filler Algemeen button Doel button reglement button Lidmaatskap button Blank space filler Dienste button Kerkkalender button Kerkvoogde button Bybelstudie button Blank space filler Kontak button Blank space filler Downloads button Foto Album button Blank space filler Privacy button About button Blank space filler
Laaste diens in Veldhoven, 28 Maart 2010

Welkom! Die nuus...

(Laaste bygewerk op 10 Maart 2010)

2010

Vroue Koffie Oggend, 29 Mei 2010

Liewe Dames,

Volgens die kalender is dit nou lente, al voel dit miskien nie so nie! Seker vandaar dat die lentekriebels hier onder 'n paar vrouens begin woel het met die idee vir 'n lekker, kuier Koffie Oggend saam met die SA Kerk dames.

Die volgende datum is vasgepen op die kalender: Saterdag, 29 Mei 2010 in Eindhoven omgewing. Ons wil graag weet hoeveel dames kan ons ongeveer verwag om sodoende 'n groot genoeg saal te huur. Dus, laat weet ons asseblief indien jy en/of vriendinne belangstel om die dag saam met ons te geniet.

Vriendelike groete,

SA Kerk dames.



2009

Huisbesoek?! September - Oktober 2009

Beste mense,

Ons hoop dit gaan goed met almal. Ons hoop ook dat die mense wat weg was vir vakansie dit baie geniet het. Sterkte vir almal wanneer die skool weer begin.

In tussen het Barend Hefer gekom en help hy hierdie week om opelug kinderevangelisasiewerk in Apeldoorn te doen. Daarna – vanaf volgende week gaan hy mense nader vir huisbesoek. Hy sal nie almal kan besoek nie, maar as daar mense is wat ’n behoefte het daarvoor laat weet dan probeer ons dat hy by julle uitkom. LAAT WEET MY – Marius by leraar anders gaan ons maar mense uitkies en dan sal hy of ons kontak opneem. Wil julle hom goedgunstig ontvang asb.

Verder sal julle hoor wanneer ons weer met die dienste begin. Hy woon by Dawie en Suzette van der Merwe in Veldhoven met tye en ander tye weer by ons in Apeldoorn. Hy is hier tot 19 Oktober. Mense neem die vrymoedigheid om te reageer.

Van my en Amanda vra ons asseblief dat julle asseblief vir ons bid. Hierdie week is die somer opelug aksies in Apeldoorn, Ede, Katwijk ens. Die dae in Bunde, Papendrecht, België en Rotterdam was besonder geseënd. Wil julle bid vir Vrug, seën en beskerming van die Here. Bid ook vir Barend in hierdie tyd en vir ons wat hom begelei.

Ons dink ook aan Henk Boverhof, wat na SA toe moes gaan omdat sy suster plotseling oorlede is in SA. Wil julle bid vir troos en nabyheid van die Here in hierdie tyd.

In Hom verbonde
Marius en Amanda Storm namens die kerkraad.

Kerkdienste 2009

Liewe vriende,

Deur die Here se groot genade het ons uiteindelik 'n plek gevind in Eindhoven waar ons eredienste kan hou. Dit word dan die Rooms Katolieke Kerk St. Maarten in Veldhoven. Adres: Heibocht 10, 5508 VX, Veldhoven. Die eersvolgende dienst sal plaasvind DV op 17 Mei 2009. In die week voor die diens sal daar weer 'n e-mail na almal uitgestuur word soos gewoonlik.

Binnekort word alle datums op die webwerf se kerkkalender aangepas en kom daar ook 'n route beskrywing.

Kerkdienste 2009

Liewe vriende,

Soos meeste van julle by die afgelope kerssangdiens gehoor het, kan ons weens omstandighede nie meer gebruik maak van die Triumfatorkerk in Utrecht nie. Daar is toe dringen 'n kerkraadsvergadering gehou waarop die volgende besluit is:

- Omdat die grootste groep gemeentelede in Eindhoven en omgewing woon, wil ons die dienste vanaf 2009 in Einhoven hou.
- Daar word dringen ondersoek ingestel na 'n geskikte plek wat groot genoeg is en maklik bereikbaar is om die dienste in te hou.
- Daar sal waarskynlik 2 dienste per maand gehou word.
- Ons wil ernstig kyk om ook kategese vir die kinders aan te bied.
- Omdat Ds. Marius Storm al klaar baie besig is met sy werk by Ikeg, gaan ons nog 'n dominee of predikant gebruik. Op hierdie oomblik lyk dit asof Ds. cees Rentier beskikbaar en bereid is om ons te help.
- Ons weet daar is mense wat deur hierdie besluit benadeel word maar hoop dat hulle dit sal verstaan. Ons wil niemand vergeet of agterlaat nie en verwelkom ook enige voorstelle of kommentaar.

Sodra daar meer bekend is, sal ons almal wat op ons adreslys is e-mail en ook die inligting hier op die webbladsy plaas.

2008

Skenkings en donasies: Kerk en familie Storm

Beste mense

In die toekoms is ons nuwe bank gegewens as julle dit belasting aftrekbaar wil hê die volgende.
Julle moet dit duidelik aanwys – Afrikaanse kerk
Stuur ook ’n e-pos as julle bydraes oorskryf (die eerste keer as dit maandeliks is) en elke keer as julle sporadies gee na Petra (IKEG) of admin (Akerk)
Ons hoop dit is die laaste keer dat ons gaan verander.

Die Kerkraad

Naam van rekening: Stichting Pro Mission
Postbus 18
7350 AA Hoenderloo.

ABN Amrobank nummer: 42.33.08.653
Mens moet altijd de bestemming vermeld: Afrikaanse kerk of dan Marius en Amanda Storm as julle nie via IKEG ’n bydrae vir ds Storm hulle en hulle bediening wil gee. (Info oor hulle bediening kan julle lees op www.stormpies.co.za of www.ikeg.nl)